Wit terroriste

R325,00

Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners. Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer. Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940’s naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete. Daar was spioenasie-intriges, opspraakwekkende hoogverraadsake en gewaagde ontsnappingspogings. Maar om politieke redes is hierdie hoofstuk in ons geskiedenis dekades lank diep begrawe. In Wit terroriste vlek Albert Blake dit wawyd oop. Hy vertel die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur gewend het. Onder hulle tel die sanger Steve Hofmeyr se oupa en die latere eerste minister John Vorster, asook die wêreldbekende stoeier Johannes van der Walt. Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte? Wit terroriste bied ‘n fassinerende blik op ‘n versweë, hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624081593

Number Of Pages
File Size

3.72 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

14-09-2018