Wilde vere

R270,00

Pop se hande staan vir min verkeerd, maar op die vooraand van haar vyftigste
verjaardag is sy moedeloos en bemoerd. Sy is ’n vreemdeling vir haarself en almal
soek ’n hap van haar. Haar dobbelverslaafde man, Jan, niksnut van ʼn seun, Evan,
die verarmde kleinhoewe en die versorging van haar hoenders druk swaar op haar
skouers.
Dan kom Evan terug ná ’n verkwiste gap-jaar in Engeland saam met Sue, sy
swanger meisie van Indonisiese afkoms. Twee agtereenvolgende tragedies laat hul
wêreld aan skerwe spat en boonop is ’n opgesmukte geldskieter op Pop se spoor.
Wanneer Sue haar wortels in Bali gaan soek, besluit Pop om ook sin van haar eie
lewe te gaan maak op dié eiland van die gode. Sal Evan alleen staande bly? Gaan
skoonma en skoondogter kry waarna elkeen van hulle smag? En sal Maria Magdalena,
die verstote hoenderhen en Sue se enigste vertroueling, ook haar tuiskoms
kry?

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781779860330

Number Of Pages
File Size

3.91 mb

Format

EPUB

Published

01-06-2025