Is jy ’n nuuskierige agie wat wil weet …
… waar sjokolade vandaan kom? Of wat die ergste epidemies is wat die wêreld nog getref het? Dalk wil jy weet waarom ons elke jaar op 5 November Guy Fawkes vier, of waarom Afrika as ’n unieke kontinent beskou kan word. Of jy wil weet watter produkte of uitvindings eg Suid-Afrikaans is, en of honde werklik slim is.
Dalk soek jy net wenke oor hoe om jou spelling en skryfwerk te verbeter, of hoe om goeie toesprake te maak …
Hierdie inligting en nog vele meer, oor die interessantste onderwerpe onder die son, is alles in die boek!
Met jou indrukwekkende kennis oor alles en nog wat kan jy almal se monde laat oophang.
Vyftig hoofstukke propvol antwoorde, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme!
Waarskuwing: Moenie jou boek uitleen nie! Dalk kry jy dit nooit weer terug nie.

Vrae en feite vir nuuskierige agies
R195,01
| Authors | |

| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9781776092451 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 4.63 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 01-10-2017 |