Versamelde werk – Sheila Cussons

R390,00

Sheila Cussons (1922 – 2004) het bykans ‘n duisend gepubliseerde gedigte in Afrikaans geskryf. Gestaltes 1947 is ingesluit in hierdie werk en daarin gee sy op liriese wyse uiting aan die geesteswêreld van die fantasieryke kind, wat met verwondering kennis neem van die wêreld en veral sy natuur en veelvuldige bewoners, werklik en verbeeld. So gee sy gestalte aan haar innerlike, met die eindelik besef dat werklik onthou onmoontlik is en dat die mens deel vorm van die groot onthou, slegs een klein bewussyn in die groot geheue. Hierdie prosa gee aanduiding van Cussons se kreatiewe gebruik van die sintuie en verbeelding, wat met poëtiese taal weergegee word.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624078203

Number Of Pages
File Size

5.07 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

14-04-2017