Vaselinetjie

R266,00

Sy is Helena Bosman van ’n piepklein dorpie doer ver in die Noord-Kaap, maar Oupa en Oumie noem haar sommer Vaselinetjie. Sy is hulle veldbosengeltjie, hulle hart se punt. Tot Vaselinetjie tien jaar oud is en die Welsyn haar laat wegstuur na die kosskool in Gauteng – die weeshuis waar Madiba se weggooikinders bly. Dis ’n vreemde, harde, gevaarlike wêreld van skomgatkinders, kwaai huistannies en ’n hardvogtige, onregverdige koshuisvader; van entjies rook, hare laat afskeer en planne maak om te whallap. Waar niemand oor jou traak nie, en waar jy ook leer om oor niemand te traak nie. Maar soos die maande jare word, kruis een naam telkens Vaselinetjie se pad: Texan Kirby. En daardie naam loop reguit na haar hart. Hierdie boek is bekroon met die M.E.R.-Prys vir Jeuglektuur, die Jan Rabie / Rapport-Prys en die M-Net-Prys (kort-formaat).

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624068518

Number Of Pages
File Size

0.66 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

31-07-2014