Toring van Jasmyn

R206,00

Toring van Jasmyn speel in die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en “nuwe boetie” Neil (hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk, verken die tieners die pragtige besienswaardighede en raak bevriend met twee plaaslike tieners, Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig om die Combrinks se vakansie in ’n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se onlangse egskeiding en moet Neil die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard in ’n avontuur wat die Combrinks nie sommer sal vergeet nie.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624087526

Number Of Pages

280

File Size

2.39 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

14-10-2019