Aileen het lank rondgeval tussen beroepe en oorsee rondgerits, maar nou is sy terug op Stellenbosch en sy weet wat sy wil hê: haar eie pâtisserie wat Stellenbossers sal wys hoe fyngebak nou eintlik lyk. Sy’t reeds die perfekte perseel gevind, ook. Maar . . . die eienaar van die gebou is absoluut, heeltemal onmoontlik! Allen Muir is alles wat Aileen verfoei: eiewys, humeurig, vinnig om kwaad te word – inderdaad ’n rooikop, nes sy self, maar sowaar, sý ken darem maniere! Wanneer sy saam met ’n vriendin ’n lesing oor persoonlikheidstipes bywoon, weet sy dit vir seker: Sy en Allen sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie. En tog . . . Sy’s al baie gesoen, onder meer deur ’n Fransman, en niemand se soene is naastenby so opwindend soos wanneer Allen selfs net naby haar kom nie . . .

Te eenders, te anders
R116,00
| Authors | |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780624057673 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 0.53 mb |
| Format | EPUB |
| Edition | 1 |
| Published | 05-04-2013 |



