Gaan haar verlede haar inhaal?
Met haar donker hare, vreemde rituele en Rooihuid-bloed, vlug Tala
Robberts van vreeslike herinneringe en mense wat haar jongmenslewe
gesteel het. Sy land met haar vyfjarige seuntjie op ’n stranddorpie,
Strandloper, waar sy net alleen gelos wil word. Die jong predikant op die
dorp is egter gefassineer deur haar vreemdheid en spiritualiteit, terwyl ’n
regte wildewragtig-strandloper haar nuuskierigheid aanwakker en haar
hart bokspronge laat maak.
Voor sy haar kan keer, is sy stewig gewikkel in almal se wel en weë en haar
emosies is ’n warboel. Watter keuse sal sy maak om vir haar en veral haar
seun die regte toekoms te verseker? Gaan sy die foute van die verlede
herhaal of gaan daardie verlede haar eendag inhaal?

Strandwolf
R95,00
| Authors | |

| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780639607368 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 0.72 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 20-06-2021 |