Saartjie se skatte (#10)

R140,00

Spoke en skatte – hierdie onweerstaanbare dinge sorg dat Saartjie weer eens Lynnekom se heldin word! Sy en Galpil gaan ’n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke en wie nie. Saartjie is in werklikheid net so bang soos die seun, maar danksy ’n briljante set tree sy as oorwinnaar uit die stryd. Galpil storm voor al hul maats se oë by die spookhuis uit asof daar ’n hele string kermende geeste op sy hakke is! Maar Saartjie leer in hierdie boek ook die hartseer kant van die lewe ken, en sy ontdek dat dit soms lekkerder is om te gee as om te ontvang. Gelukkig werk alles uiteindelik goed uit wanneer sy ’n baie groot verrassing kry.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798154550

Number Of Pages
File Size

0.33 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2011