Riek en Niek

R96,00

Riek en Niek neem deel aan die skool se talentkompetisie … maar Nanja het ‘n nare plan!

Die skool hou ‘n talentkompetisie … en die wenner gaan op TV verskyn! Riek en Niek kan nie wag om deel te neem nie. Riek gaan sy HEEL BESTE skaatsplanktoertjies doen terwyl Niek almal SKATER van die lag gaan maak.

Maar Nanja gaan ook deelneem – en sy is vasbeslote om te wen. Daarom maak sy ‘n NARE PLAN om seker te maak Riek en Niek staan nie ‘n kans nie. Gaan hulle dit regkry om die beoordelaars te beïndruk … en vir Nanja ‘n les te leer?

Hierdie snaakse storie vol seuns-avonture in die klaskamer sal jong lesers se verbeelding aangryp. ‘n Moet-lees Afrikaanse kinderboek deur gewilde skrywer Jaco Jacobs, met oulike illustrasies deur Fanie Viljoen.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776252640

Number Of Pages
File Size

4.96 mb

Format

EPUB

Published

05-06-2023