Piekfyn Afrikaans Graad 7 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring vir graad 7, Huistaal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur • te fokus op kommunikatiewe, teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind • gepaste inhoud en kontekste, en ʼn wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstellig • bruikbare werkskedules vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien • ʼn omvattende formele assesseringsprogram vir graad 8, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien • beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede, inhoud en toepaslike assessering by elke aktiwiteit aan te toon • ʼn volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In ʼn neutedop. Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou!

Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 7 Huistaal
R292,00
| Authors | Ligthelm Annette, Murray Marietta, Plaatjies Sylvia, Van Tonder Magdel, Viljoen Henk |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9781775891383 |
| Number Of Pages | 280 |
| File Size | 7.76 mb |
| Format | |
| Edition | 1 |
| Published | 15-01-2014 |



