Piekfyn Afrikaans Graad 4 Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids

R241,99

Piekfyn Afrikaans se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 4 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur • te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind • gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstelling • ’n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien • ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien • beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon • ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite. Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou! Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV). Kontak die Uitgewer indien u die CD-hulpbron benodig.

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9781775896791

Number Of Pages

288

File Size

2.31 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

31-10-2014