<p>Deur elke dag te skryf – kan jy verhalend tot verhaal kom<br>Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie – of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. <br>Hierdie boek is jou praktiese skryfgids met inspirasie uit die werk van vele skrywers en praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke. Skryfterapie is ’n bewese manier om deur verlies en trauma te werk – ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is. Om amper letterlik “tot verhaal te kom”- selfs al dink jy nie jy kan skryf nie.</p>

Om tot verhaal te kom
R270,00
| Authors | |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780799393255 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 1.24 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 01-04-2019 |



