Nagdier

R270,00

Bekende sakeman Peet Hoffman word laatnag in sy studeerkamer dood-geskiet. ’n Paar dae later word ’n egpaar in hul naweekhuis in die bos vermoor. Die vroulike slagoffer is op ’n veel gruweliker wyse om die lewe gebring, maar die modus operandi van al drie moorde toon duidelike ooreenkomste. Waarom het Terese Ebersohn se moordenaar haar met soveel passie gehaat? En hoe hou die drie moorde verband met die ontvoering van ’n bejaarde man kort daarna? Voor hy hom kom kry, bevind majoor Alek Strauss hom in die middel van ’n klein oorlog waarin die raaisels van die hede slegs deur die verlede opgelos kan word.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781776380886

Number Of Pages

320

File Size

0.96 mb

Format

EPUB

Published

01-07-2025