Haar kans op vir ewig en altyd is nou
Vyf jaar ná haar egskeiding is Milan ’n bedrywige sakevrou met ’n vol lewe.
Estie, Milan se stiefdogter, het pas begin werk as junior rekenmeester met groot
drome om die korporatiewe leer te klim. Jessica, Estie se ma, het sewentien jaar
gelede haar rug op Vaalkrans gekeer en bestuur nou ’n gewilde trouplaas. Drie
suksesvolle vroue met vervulde lewens, of só wil dit voorkom.
Vaalkrans en die gebeure van die verlede het egter steeds ’n houvas op elkeen.
Milan kan nie vir Herk vergeet nie, en alhoewel sy die seuns gereeld sien, is
Estie se verwerping pynlik. Estie is steeds verbitterd teenoor Milan en haar ma,
en sukkel met ’n eetversteuring wat besig is om handuit te ruk. Jessica is in ’n
rolstoel en aanvaar haar gestremdheid as straf vir die feit dat sy haar gesin
versaak het. Die troues wat sy reël, is ’n poging om boete te doen.
Wanneer Milan se lewe onverwags ontwrig word, begin die domino’s een vir een
kantel, en word hierdie drie vroue wie se lewens ineengeweef is, onkeerbaar
geraak. Durf hulle ’n kans op geluk, ’n kans op vir altyd, waag?

’n Kans op vir altyd
R270,00
| Authors | |

| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780639606118 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 0.75 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 22-02-2021 |