Sy sal baie moet waag om sy hart te wen
Jani Kleinhans is ’n bleeksiel en almal weet dit. Daar is dus geen rede vir haar
om opgewonde te wees oor ’n wegbreek saam met kollegas na Botswana toe nie.
Daar is ook geen rede om te dink dat die mooie toergids Ruan regtig in haar
belangstel nie, en sy kan beslis nie kompeteer met ervare Tersia nie. Maar Ruan
krap haar emosies lelik deurmekaar met sy alewige komplimente, sy donker oë
en die rillings wat deur haar lyf gaan wanneer hy aan haar vat. En hy vat gereeld
aan haar!
Moet sy jag maak op die aantreklike toergids? Sy sal baie moet waag om sy hart
te wen.

Liefde in die Boendoes
R90,00
| Authors | |

| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780639602523 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 0.46 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 01-03-2021 |