Laduma vir die liefde

R116,00

Ver van jou goed is naby jou skade, het Paula Rall se vriendin Erika gewaarsku, en Paula het die waarheid van daardie woorde waaragtig leer ken. Want dis einste Erika wat tussen haar en Hans de Lange gekom het. Die liefde tussen haar en die buurseun wat Paula gedink het vir ewig is, is deur verraad en leuens vernietig, en drie jaar later sukkel Paula nog om die impak daarvan te verwerk. Maar dis Wêreldbeker-sokker en goeie pastoriedogter wat sy is, spring Paula in om haar ma te help met die kerk se maand lange uitreikaksie na haweloses. Dat liefde en vergiffenis die lááste ding op haar agenda is, verswyg sy . . . totdat Hans onverwags weer op die toneel verskyn.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624058595

Number Of Pages
File Size

0.52 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

21-03-2011