Ko lat ons sing

R285,00

Hierdie keur uit al ses digbundels van Adam Small gee ’n beeld van sy onmisbare plek in die verruiming van die Afrikaanse letterkunde. Die meerderheid van die gedigte kom uit Kitaar my kruis en Sê Sjibbolet. Die keur weerspieël deurgaans Small se meelewende kyk in die lotgevalle van die bruin Kaapse werkersklasmense. Dit wys ook sy knap beheersing van humor, ironie en satire om gesagsfigure te hekel, en bowenal sy kreatiewe ontginning van alledaagse spraakvorme, rympies, liedjies en veral sy aanwending van Kaaps waaroor hy in die naskrif by Kitaar gesê het: “Kaaps is ’n taal . . . ’n taal waarin mense hul eerste skreeu skreeu en hul doodsroggel roggel.”

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780795703829

Number Of Pages
File Size

0.37 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

15-09-2011