Karoonag

R330,00

Lemmer se Eerste Wet: Moenie Betrokke Raak Nie. Hy moes daarby gehou het toe hulle in die stikdonker aan sy voordeur kom hamer het. Maar toe staan hy op, vat sy Glock 37 onder die bed raak en neuk met sy nuwe Ford Ranger die godverlate veld in. Want daar was ’n plaasaanval, en as hy help, is dit dalk een stappie nader aan aanvaarding op Loxton. Wat hy so graag wil hê. En nou? Nou het “plaasaanval” ontvoering geword. Nou jaag hy soos ’n besetene om ’n skadumag te konfronteer, om driehonderd mense se lewens te red. Met ’n sekere wete dat die bloed vryelik gaan vloei voor hierdie Karoonag verby is. Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende sy baie gewilde vervolgverhaal “Stiltetyd”.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798157483

Number Of Pages

272

File Size

2.58 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

29-05-2012