In Tromme van onheil hou Anka se besoek aan haar tante Izabelle in Papoea Nieu-Guinee onverwagte avonture. Sy en haar medereisigers vaar ál dieper die reënwoude in, en een van die dae is dit weer volmaan – en sal die kannibale ’n slagoffer eis . . .In Die wit koningin kies die mooie Alice koers na Noord-Afrika, en later word sy dwarsoor die Sahara bekend as die wit koningin. Sy voer ’n skrikbewind en sal nie rus voordat haar geliefde se moord gewreek is nie . . .En in Sluiers van wierook is Ida Herbst vas van plan om haar pa en ’n span geoloë te vergesel op hul soektog na water in die grootste woestyn van Saoedi-Arabië. Sy kom honger wolwe, gewetenlose rowerbendes en sandstorms teë, en onverwags . . . die liefde.

Ena Murray Omnibus 28
R285,00
| Authors | |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780624058359 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 1.24 mb |
| Format | EPUB |
| Edition | 1 |
| Published | 15-12-2010 |



