Elita en haar lewe met F.W. de Klerk

R360,00

Die hoogs private Elita de Klerk vertel hier vir die eerste keer haar volle verhaal. Ná ’n eensame jeug in die weelderige Kolonaki in Athene en in deftige kosskole, trou sy op jeugdige ouderdom met die aantreklike miljoenêr Tony Georgiades en neem haar intrek in die imposante Stud House in Londen. Maar steeds bly sy soekend. Sy vergesel haar man op talle sakereise wêreldwyd en word ma. Tog voel sy leeg. Die spoggerige hotelle en stralerjakkerlewe laat haar koud. Haar soektog bring haar na Suid-Afrika en ’n ontmoeting met die indrukwekkende FW de Klerk, die man wat eiehandig Suid-Afrika transformeer. Maar hulle is albei getroud … Moeilike besluite en baie hartseer volg, maar vandag is Elita oplaas ’n vervulde vrou.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624051572

Number Of Pages
File Size

2.96 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-04-2011