Carmin keer ná ses jaar terug na haar ouerhuis op ’n Griekse eiland in die hoop dat sy die seer van die verlede agter haar gelaat het.

Tot haar ontsteltenis vind sy uit sy het haar halfbroer Alexus nog net so lief soos toe sy agtien was. Hy staan ook nie onverskillig teenoor haar nie. Inteendeel.

Maar in die pad van hulle liefde staan die beeldskone Kate Rogers aan wie Alexus trou beloof het, en ’n Papadakis-man gaan nooit terug op sy beloftes nie.

Vir Carmin is die enigste uitweg om weer die eiland te verlaat, haar loopbaan as model te hervat en om ’n ander pa vir haar toekomstige babas te vind.

Een laaste somer
R90,00
| Authors | |

| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780799378375 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 0.59 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 01-03-2016 |