Dokter Dierbaar

R116,00

Victoria Serfontein se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter vind plaas toe sy hom besoek en vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen.  Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini.  Sy sal nie maklik vir die skade kan betaal nie en is totaal uit die veld geslaan toe dokter Venter haar werk aanbied.  Sy aanvaar die aanbod, maar dis nie lank voor sy besluit om eerder te bedank nie. Paul Venter mag aantreklik wees, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo. . .

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624049944

Number Of Pages

224

File Size

0.45 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

01-04-2011