Die verdrinking van Josua van Eden

R100,00

Vir Josua het dit begin die dag toe hy deur die

weerlig getref is. Toe hy bykom, sien hy ’n engel.

’n Blonde engel met ’n laptop onder haar arm.

Wat hy nie kon sien nie, is dat Titania alles

behalwe so onskuldig is as wat haar engelagtige

voorkoms te kenne gee. Hy kon ook nie vermoed

dat sy tydelik by sy ouerhuis gaan intrek nie.

In dié tyd leer sy hom veel meer as net die

lewensgevaarlike speletjie wat hulle met

rekenaars en selfone speel.

Die verdrinking van Josua van Ed en is ’n

spanningsverhaal vir tieners wat ewe veel deur

hulle ouers geniet sal word. Die karakters –

tieners én grootmense – is oortuigend en realisties

uitgebeeld. En vir die eerste keer in die Afrikaanse

jeugliteratuur gee ’n meisie die pas in ’n

tienerverhouding aan …

Authors

Language

Publisher

ISBN

9781415202418

Number Of Pages
File Size

0.49 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

13-05-2011