Die Uitsonderlike Boek van Suid-Afrikaanse Rugby sal enige rugbyfanatikus boei. Dié versameling feite, statistiek, aanhalings en anekdotes wissel van die komiese tot die kontroversiële en herdenk die ryke geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Hierdie buitengewone/merkwaardige boek bevat van die mees opwindende stories oor Suid-Afrikaanse rugby, insluitende: hoe Manie Reyeneke laat was vir sy eie huweliksonthaal omdat hy eers ’n halfeindstryd vir sy klub moes gaan speel; die 90 meter-strafskop van Oostelikes; hoe die eerste Springbokke wat per vliegtuig gereis het met drie enjins oor die see gehinkepink het; hoe Kimberley 60 uur per muilwa moes reis tydens hul eerste toer na Kaapstad; hoe die Springbok Andy MacDonald met sy kaal hande ’n leeu doodgemaak het; die plettervat deur ’n toeskouer wat die Westelike Provinsie die Curriebeker gekos het; Paul Roos se weeklikse 260 km-fietsrit na Pretoria om klubrugby te speel.

Die uitsonderlike boek van Suid-Afrikaanse rugby
R135,00
| Authors | |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780143529187 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 0.44 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 28-09-2012 |



