Die dingesfabriek 2: Jannus en Kriek onder die see

R165,00

Die tweede avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan. In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . . Dié keer neem Oupa hulle in sy duikboot, die Krisantalia, na die Suid-Atlantiese oseaan, digby Bouvet-eiland. ’n Geheimsinnige reuse-eier is hier gevind, en ’n mede-wetenskaplike het Oupa Knoets gevra om die eier te help ondersoek. Dis ’n diepsee-wêreld waar jeti-krappe en eienaardige fluoresserende visse leef . . . maar dan kraak die eier se dop terwyl die tweeling saam met Oupa onderwater is. Dit beteken net een ding: wat ook al daarbinne is, is reg om uit te broei, en die ding se ouers gaan hom mos kom soek . . .

Authors

,

Language

Publisher

ISBN

9780624062929

Number Of Pages
File Size

8.65 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

31-03-2014