Die daggaboer

R294,00

Lennet Loots is ’n alleenloper. Hy woon op ’n lappie grond buite Baardskeerdersbos waar hy boer met groente en vrugte, en dagga. Jare gelede was Lennet ’n gewone rekenmeester wat ’n gewone voorstedelike bestaan gevoer het, maar iewers langs die pad het hy alles opgegee – sy meisie, sy loopbaan, sy pa in die alzheimers-kliniek (wat hy vermy, al woon hy net om die draai). Die daggaboer is ’n ontroerende debuutroman – die relaas van ’n jong man wat verkies om eerder in ’n karavaan van hand tot mond te lewe as om die waarheid te konfronteer. ’n Besonderse verhaal, deur ’n talentvolle jong skrywer.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798177474

Number Of Pages
File Size

0.56 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

05-08-2018