Die Ambassadeur

R350,00

Met die eerste uitgawe van André Brink se vyfde roman het dit ’n opskudding veroorsaak, oor wat in 1963 as dekadensie beskou is. Die intrinsieke waarde daarvan is egter die eeue oue waarheid dat die begeerte na selfverwesenliking en menslike deernis nie versoenbaar is nie. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk bevind hom in die apartheidsjare in ’n persoonlike krisis so fel soos die politieke krisis. Keyter, ’n verydelde derde sekretaris in die ambassade, en die onkonvensionele jong Nicolette wat een aand onverwags in die ambassade verskyn, speel ’n deurslaggewende rol daarin. Die roman speel hoofsaaklik af in Parys, die stad van romantiek – en tragiek. “In Die ambassadeur maak Brink van vyf verskillende vertellers gebruik [. . .]. Keyter bied sy afdeling aan as ’n chronologiese verslag van die gebeurtenisse wat hy self ervaar het. Alhoewel dit vanuit ’n agterna-perspektief gesien word, berus die gang van die gebeure op ’n chronologiese volgorde, terwyl Keyter se voortdurende selfregverdiging en verdoeseling van sy werklike motiewe ’n ooreenkoms toon met die omslagtige aanbod, opsetlike misleiding en gespletenheid van die hoofkarakter in ’n dramatiese alleenspraak. In “Kroniek” en “Patroon” sit die ongenoemde waarnemer die chronologiese gang voort, maar algaande bring hy ’n korrektief op Keyter se foutiewe interpretasies in verband met die verhouding tussen die Ambassadeur en Nicolette en stel hy die gebeurtenisse in ’n ander perspektief, ’n procédé waardeur die leser met allerlei korrespondensies en terugverwysings ’n ruimer en korrekter beeld van die verhouding kry. Teenoor Keyter staan die Ambassadeur en Nicolette, wat in hulle vertellings blykbaar geen chronologie het nie, eerder los indrukke van hul ervarings gee en verlede en hede op dieselfde tydsvlak ervaar. Die primêre reeks teenstellings en verhoudings word egter gevorm deur Nicolette, die Ambassadeur en Gillian. Die Ambassadeur “verteenwoordig” die “orde”, die “normale”; Gillian, wat in die orde is, wil dit verwerp om volkome “vry” te wees; Nicolette, rééds vry, het behoefte aan die orde wat die Ambassadeur verteenwoordig. Gillian se lewensdrif lei tot ’n vernietiging van alle waardes, reduseer haar tot ’n blote succubus wat nie vir die Ambassadeur die pad kan aanwys nie en is die direkte aanleiding tot haar selfmoord. Teenoor haar staan Nicolette, wat met haar aanvoeling vir die mistieke en behoefte aan godsdiens telkens ’n amper hemelse figuur voorstel en vir die Ambassadeur ’n sekere reddingsmoontlikheid aanbied. Soos die roman ontwikkel, begin die Ambassadeur twyfel aan die “orde” wat hy verteenwoordig, probeer hy loskom van die “stelsel” waarin hy vasgevang is en onderneem hy ’n reis om die “skyn” te vernietig en die “warmte” te vind. Om hierdie tog uit te beeld, baseer Brink die gebeure in twee tonele op Dante se Divina commedia. In die hellevaart-toneel aan die begin van die “Ambassa

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798158626

Number Of Pages
File Size

0.80 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

30-05-2006