Die 4 x 4 Safari Kookboek is ’n nuwe versameling heerlike resepte vir die 4×4-entoesias. Dit volg in die suksesvolle voetspore van sy voorganger, Die 4×4 Kookboek wat talle kere herdruk is. Soos met die vorige boek, voorsien hierdie boek in alle Afrika-kampeerders se behoeftes, aangesien die fasiliteite en bestanddele nie altyd beskikbaar is nie. As jy ’n groentjie op die gebied van bos-safari’s is, het hierdie boek ook ’n afdeling oor beplanning en voorbereiding en ook ’n herinner-lysie om seker te maak dat jy ’n suksesvolle eerste ekspedisie beplan.
Die 4×4 Safari Kookboek bevat meer as 180 maklike resepte, wat alles vanaf ontbyte en voorgeregte tot heerlike brode en nageregte insluit. Al die resepte is spesifiek aangepas om buitelug-kookkuns oor ’n oop braaivuur te vervolmaak. Hierdie pragtige boek bevat volkleur-foto’s regdeur.

Die 4X4 Safari Kookboek
R175,00
| Authors | |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9781432303099 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 7.63 mb |
| Format | |
| Edition | 1 |
| Published | 10-06-2013 |



