Iewers in die donker Karoonag flikker ’n kampvuurtjie. En wie sit daar langs die vuur? Dit is Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty.

Hulle het die hele dag lank rondgeswerf op soek na avonture. Maar laatnag is daar ’n vreemde geluid. Twee gloeiende rooi oë verskyn in die donker.

Gaan Koekemoer en Shorty uiteindelik die petroldief vastrek wat die Klein Karoo se water besoedel?

’n Verbeeldingryke storie oor die avonture van ’n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opsê. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein Karoo!

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda
R130,00
| Authors | |

| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780799380682 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 7.25 mb |
| Format | |
| Edition | 1 |
| Published | 01-04-2017 |