Boerekryger

R335,00

Henning Viljoen, ‘n agterkleinseun van Piet Retief, was maar 17 toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek en hy opgekommandeer is. Vir die volgende meer as twee jaar hou hy dagboek van die daaglikse lewe op kommando. Teen die aanvang van die guerrillafase is hy reeds ‘n deurwinterde vegter in die Oos-Transvaal.  Sy dagboeke, nou vir die eerste keer verwerk, bied ‘n aangrypende blik op ‘n oorlog wat ons gedink het ons reeds ken. Henning se eerlike beskrywings van bloedige gevegte teen die Britse magte en die teregstelling van verraaiers bring die gruwel van oorlog tuis. Sy dagboeke verklap voorts baie van die bittereinderpsige. Uit sy inskrywings blyk dit duidelik waarom ‘n handjievol Afrikaners bly voortveg het toe ander gedink het die stryd is reeds verlore.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780624053446

Number Of Pages
File Size

1.51 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

22-06-2012