Anderkant die spieël

R285,00

Anderkant die spieël is ’n storie vir elke vrou wat al gewens het sy kon die rotte in haar kombuis (en huwelik) met ’n .22 wegblaas, en wat vingeralleen ’n Black Forest-koek kan opeet. Vir elke vrou wat al op ’n dag besef het sy weet nie meer hoe om by die huis te kom nie. Dit is die storie van Maggie, vertel in ’n vars, brandeerlike stem met die tong stewig in die kies. Sy val deur die hasegat op ’n nuwe dorp waar haar gewapende, aweregse buurvrou haar met ’n verkyker dophou en haar o-so-gawe man nooit meer huis toe kom nie.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780795800726

Number Of Pages
File Size

0.66 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

20-11-2013