<p>Op skool was sy dié meisie: mooi en gewild met skatryk ouers. Tien jaar later is Connie Verster se lewe ’n omgekeerde sprokie: van Gouelokkies tot Aspoestertjie. Nou is sy ’n geskeide enkelouer wat spartel om kop bo water te hou.<br>Dan stap die destydse bleeksiel Stef Neetlingh op ’n dag by haar gastehuis in. Connie herken glad nie die aantreklike man nie. Stef is dit te wagte: Vir hom is Connie steeds die goue meisie wat vaaljapies soos hy miskyk. Hoekom kan hulle dan nie ophou om aan mekaar te dink nie?</p>

Gouelokkies en die professor
R95,00
| Authors | |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9781779875143 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 1.17 mb |
| Format | EPUB |
| Published | 01-08-2024 |



