Ouma Mollie en die mensvreter

R160,00

“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!” roep ouma Mollie.
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net
ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai.
Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n
verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak,
in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER
moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne
voer. En …
Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.
Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar
’n HAAI in die water is.
Oepsie! Die arme haai …

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780639602295

Number Of Pages

72

File Size

3.78 mb

Format

EPUB

Published

01-03-2021