Mediterreense herinneringe

R347,00

Die stories uit Fado, Brink se reisvertellings oor Portugal, is ‘n bonusbydrae tot die e-uitgawe van hierdie boek. Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande – Italië, Spanje, die suide van Frankryk en Portugal: Sempre diritto (1963), Olé (1965), Midi (1969) ) en Fado (1970). Hierdie keur sluit in baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieël van daardie “eerste vroeë opgetoëndheid oor ’n wêreld wat nog gelê en wag het om in Afrikaans ontdek te word”, soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798158589

Number Of Pages
File Size

1.84 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-03-2013