Met koffer en kaart

R295,00

Langs ’n stormrivier skop ’n vrou haar hoëhak Bally-skoene uit,  want sekere situasies moet kaalvoet aangedurf word. ’n Ander vrou (deur die geliefde versaak) dwaal mymerend in ’n Klein-Karoo-dorp  totdat ’n naaldekoker haar pad versper. Op ’n plakkaat  In ’n Londense moltreinstasie vra ’n wildtuinleeu: “Want to shift your boundaries?” En nooi dan: “Come to Africa.” Die reis lei ook na ’n buurt waar antie Bybie-hulle dalk nie tuis is nie, want dis All Pay en die kinders het ’n skroppietjie vir die dag gekry. Daar word oor grense heen verken, en die reisiger staan telkens uitgelewer, want die terrein is ongewoon en die gekoesterde bagasie en bekende roete geld nie. Die verhale – ironies en nie sonder humor nie – kleur komplekse menseverhoudinge met  menslikheid en deurleefde kennis in. Knap verweef en terselfdertyd toeganklik.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798153140

Number Of Pages
File Size

0.44 mb

Format

PDF

Edition

1

Published

01-09-2011