In Agter die masker word die beeldskone Tania Roux feitlik onherkenbaar vermink in ’n motorongeluk. Ook haar gees het ’n knou gekry – sal dit weer kan herstel?In Bruid uit die vreemde onderneem die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye ’n bootreis na die suidpunt van Afrika; sy is op soek na haar broer wat spoorloos verdwyn het en is onbewus dat sy dalk oop-oë in ’n lokval inloop.En in Haar grootste offer ontvang Marlene, wat vier maande swanger is, die skoknuus dat haar man, dr. Ben Roux, reeds ’n egskeiding aanhangig gemaak het . . .

Ena Murray Omnibus 24
R280,00
| Authors | |
|---|---|
| Language | |
| Publisher | |
| ISBN | 9780624049814 |
| Number Of Pages | |
| File Size | 1.06 mb |
| Format | |
| Edition | 1 |
| Published | 01-04-2011 |



