Algebra van nood

R264,99

Hierdie bekende digter se eerste bundel in byna 13 jaar is ’n belangwekkende gebeurtenis wat menige poësieliefhebber sal laat regop sit. Baie van die gedigte is oor kenmerkende De Lange-temas en onderwerpe (die homoërotiek, dwelmgebruik, die skryfkuns) en die deurlopende tematiek van nood word met verrassende skakerings oorgedra, ’n boeiende kaleidoskoop van fasette van die menslike nood, angs en weemoed. Die gedigte is poëties onopgesmuk, met ’n deurleefde deernis met die mens en sy emosionele wêreld. Die reeks “in memoriam”-gedigte vorm ’n hoogtepunt binne hierdie konteks. Bekroon met die Hertzogprys vir poësie in 2011.

Authors

Language

Publisher

ISBN

9780798154192

Number Of Pages
File Size

0.32 mb

Format

EPUB

Edition

1

Published

01-03-2013